Barberspan se Babers

Spitskop

Member
Ek het weer hierdie jaar my kant gaan bring by die jaarlikse Barberspan Bonanza. Weer was dit `n unike ervaring! Uitkamp en `n hengelkompetisie werk nie altyd lekker saam nie veral nie as jy harder moet werk om te keer dat die tent nie weg waai of al die ander los goed nie weg spoel nie. Die dag het heel goed begin en die karp het met eentonige reelmaat gebyt tot die weer gedraai het die wind het opgesteek en gewaai asof dit sy laaste kans was. Ingooi was omtrent onmoontlik sonder `n 4 of 5 ons sinker enige iets ligter het sodra die mieliebom geblus het begin rol byte was byna onmoontlik om waarte neem en die hele besigheid was besig om in `n nagmerrie te ontaard. Toemaar sê my klein neef die wind gaan lê gewoonlik so teen 3uur. Ongelukkig het die wind dit nie gehoor nie en maar sy gang gegaan. Ons het nie moed opgegee nie en aanhou probeer en kon tog daarin slaag om `n paar mooi visse te vang. So teen 5uur vang ek `n karpie van so kilogram en dit staan op hom geskryf BABER. Ek verlos hom toe van sy ellende en laat waai na die rivier loop seker so 80 meter van die kant af dit was nie te moeilik in die wind nie want ek het omtrent 40m ingestap. Die wind gee so bietjie kans en ons braai `n worsie ook net betyds want toe kom die reën en die wind en saam kon niks hulle keer nie alles word nat van bo af van onder af van links en regs. Die bui trek oor en die kinders besluit om hulle vis te gaan inweeg bang vir die otters waarteen ons gewaarsku is! Terug by die kamp is hulle heel opgewonde dit lyk of hulle `n goeie kans het vir `n prys onder die penkoppe. Die weer lyk ook sommer beter. Net so na 8 is daar `n roering by die karpkoppie en toe is alles weer stil iets het seker maar in die lyn vas geswem dink ek en toe kerm die katrol. Kap pa! Skree die kinders. Nee los hom sê ek hy gaan nou staan dan kry hy kans om die aas te sluk en as hy dan loop dan maak ons hom bymekaar. En dit is ook toe so ta spring weg en loop te lekker ek tel die stok op en maak die spoel vas hy trek sommer die stok lekker plat en ek het amper nie eens nodig om te kap nie. Soos dit maar met die pan se babers is kom hy die eerste ent gewillig saam maar toe hy die sand onder sy pens voel draai ta om en verkas terug diep water toe te lekker. Ek draai hom weer ek die keer swem hy dwars met die revier af en ek moet net keer want die bure is sommer naby en `n koekerasie is die laaste ding wat ek wil hê. Ek is verlig toe die voorslag se knoop deur die boonste ogie van die stok gaan ek gee die stok aan vir my seun en sleep die vis op die sand uit my hart klop woes, nie my heel grootste nie maar die grootste wat ek nog in `n kompetisie kon vang Ek skat hom so, nee moenie skat nie netnou stel jy jouself teleur dink ek dalk moet ek hom gou gaan inweeg maar ai die skaal het 8uur gesluit en dit is sopas half 9 sal die vis maar moet oppas deur die nag! Met die vis in die net wil ek net rustig raak toe alle hel losbars asof Barberspan wraak neem op my oor ek een van haar kinders sy vryheid ontneem het begin die wind en weer vanvooraf al wat ons kan doen is om te klou aan die tent jy is te bang om te los om die stokke wat van die mikpenne afwaai te gaan op tel want waar kry jy weer jou tent! Glo my dit het `n lang nag geraak! By die inweeg was alles in rep en roer ten spyte van die weer word mooi vis geweeg maar daar is nie veel verskil in die gewigte nie net `n paar gram skei die plekke van mekaar my kein neef se 4.25kg karp verloor sy plek met `n skamele 50gram. Ek sit die baber op die skaal 10,11,12,13 kan dit wees 14 nee die syfers begin rond spring en gaan staan op 13.450kg. Is dit goed genoeg wonder ek sal maar moet wag en kyk. Heellaas is dit my nie beskore nie vyf visse groter as myne maar weereens nie veel tussen een en vyf nie.  Wenners van die R10 000 - karp Jan van Rensburg 6,62kg; Baber - P Ludick 14,880kg. 2de plek Karp W Ludick 5,8kg; baber S Hoffman 14,770kg
Moggel Johan Marx 1,195kg. Nou ja so is dit maar. Sal ek weer gaan? Ai Natuurlik dit is mos al tradisie!

Besoek gerus Barberspan hy het sy buie maar sal jou nie sommer teleur stel nie!

 
 

Attachments

  • Barber 13.45kg.jpg
    Barber 13.45kg.jpg
    34.5 KB · Views: 184

Droomvanger

Senior Member
Ai dit was amper! Lekker om julle te onmoet en dit was 'n lekker toernooi. Net jammer bote word nie toegelaat nie! Ek is mal oor Barberspan. Baie mooi babers en baie karp. My baber van 17kg was die beste wat ek op casting gerei gevang het. Dit is kleiner as Bloemhofdam en jy spandeer nie soveel op bootpetrol nie!
 

Atticus

New member
Ek het ook vanjaar die Bonaza gehengel.

Eerstens 'n ongleooflike ondervinding! Amper 400 hengelaars...

Ek het op die Westelike oewer gaan sit, baie vis gekry... Een mooi karp gevang wat op 'n stadium in die running was vir 'n prys. En dit is waar ek voel die ouens beter moes organiseer het. Die beampte het die saterdag middag by die hengelaars kom draai en gevra of hulle vangste het wat hulle wou weeg.

Ek het die vis saterdag oggend gevang. Daar was nie 'n skaal beskikbaar by die genoemde oewer nie. Net by die oewer waarvandaan ons almal vertrek het. My vis het die middag die skaal getrek met 'n gewig van 5.36Kg(Hier het hy alreeds gewig verloor). Die beampte het gese dit is nie die "ofisiele" gewig nie, omdat hy op die "ander" skaal geweeg moet word...

Sondag oggend met die inweeg weeg hy 'n skamele 4.6Kg!!

My babers was aan die jong kant, en kon nie die grotes aan die hoek kry nie.

Grootse baber was 7.9Kg. Die jonger babers het net nie die vettes kans gegee om die aas op te tel nie. Nie eers met 'n 1.5Kg karp kop nie! Daai resultaat was 'n 5.9Kg glo dit of nie...

Uiteinde wil ek se dat Delareyville Oos julle reelings aangaande die beskikbare skale beter moet organiseer vir volgende jaar, asb...

Dankie vir vrydag aand se braaivleis, dit was ongelooflik lekker! Dankie dat ons kon kans kry om nuwe henglevriende te maak by die oewers. Dankie dat ons nat gereen het, dit maak ons geharde hengelaars. Tot volgende jaar...
 

Pan

New member
As julle die groter modelle karp en baber hier wil teiken. Kom wanneer dit stil is. Baie lyndruk veroorsaak ongelukkig kleiner vis. En dan natuurlik die helse geraas ook.
Ek was ook daar, maar nie gehengel nie.
Al wat sleg is, is Maandag toe ek gaan hengel, die honderde dooie vis wat daar ronddryf.
Jammer om te sê, dis net my opinie alleen, ek hou nie van so 'n kompetisie nie.
Die PanMan...
 
Top