| ||||||
SEALINE - South African Angling and Boating Community > General Angling Topics > Fishing Tackle & Tips > Raad asb tov Tackle |
Moderated by: Enigma, Emperor |
|
Raad asb tov Tackle | Rate Topic |
Author | Post |
---|
Posted: Mon Feb 22nd, 2021 03:45 pm |
|
1st Post |
Lion1974 Member
![]() |
'n Maat van my het my genooi vir paas naweek by Franskraal. Hy het al die stokke en katrolle, so ek wil lyn koop en dan na die naweek dit sommer daar vir hom los. Ek was saterdag by 'n tackle shop, maar dit is soveel detail , ek is nou nog meer onseker. Ek wou nie met lee hande daar uitstap en het toe ietsie gekoop. Vir die een Daiwa koffie grinder Adranalien titanuim 8K braid 14kg JDB Camo 0.43 braid leader 0.43mm Maxima flouro carbon 18kg 0.60mm Maxima Ultra Green 10kg 0.42mm Ons gaan seker maar net kyk vir galjoen en kabeljou My vraag: wat moet ek nog koop tov lyn of wat dink julle moet ek gebruik vir die leader en hoek lyn? Baie dankie vir hierdie pragtige blad waar ek soveel kan lees en leer. As ek daai eerste vis vang, kom wys ek vir julle. lekker dag aan almal, by gesond, bly veilig Last edited on Fri Mar 5th, 2021 09:23 am by Lion1974 |
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Mon Feb 22nd, 2021 06:26 pm |
|
2nd Post |
willem wikkel spies Moderator ![]()
![]() |
die is n blik wurms!!! welkom hier op die blad. hengel bly maar hengel en dit verander nie eintlik nie. n trick hier en daar ja, maar die basics bly dieselfde. dit is moeilik om sulke raad te gee wees die grootte van die katrolle nie genoem is nie. tensy ek dit verkeerd verstaan het. dit help veel n mens wil tackle koop en dit klop nie met die toerusting nie. die slegste voorstel wat ek kan maak is om eerder geloer het wat dit prys, en die bedrag in sy rekening te plaas. maak eerder vrede met die geld en laat hy die tackle koop wat nodig is. want hy ken sy gerei en hengel plekke. dubbel xx is goeie lyn maar dis duur lyn. king fisher giant abrasion is net so goed. die manne van die kaap hou ook van aiwa shima lyn. solank jy net die hengel trip geniet, dis al wat saak maak. as jy dalk meer specs oor die hengel gerei kan kry, dan kan ons dalk beter raad gee. groete, ou grootte!!!
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Mon Feb 22nd, 2021 08:03 pm |
|
3rd Post |
Lion1974 Member
![]() |
Dankie Willem Ek het hom gebel en gevra wat hy het, wou nie hom laat agterkom ek wil hom so bietjie bederf met tackle na die tyd , maar hy het 'n 12,6ft blue fish en 'n 10ft shimano rod, en hy het redelik koffie katrolle. hy het huidiglik 'n bg4500 op sy 12ft en 'n Penn fierce op die 10ft. sien vreeslik uit na die lang naweek. dankie vir die raad.
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Wed Feb 24th, 2021 09:27 am |
|
4th Post |
willem wikkel spies Moderator ![]()
![]() |
die stokke is maar korterig! op die bg sou ek eerder begin braid hengel het. julle sal met 0,40mm lyn reg kom. dikker gaan nie werk nie. op die 10 voet sou ek nie veel dikker as 0,35mm mono gegaan het nie. maar as julle nou braid gehad het kon julle met 40pond op albei stokke gehengel het. braid kan n probleem raak as n mens nie alle aspekte nakom wat braid soek nie. maar sterkte en geniet die naweek. dis tyd vir n lekker hengel rapport!!!
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Fri Mar 5th, 2021 09:34 am |
|
5th Post |
Lion1974 Member
![]() |
More Manne Hierdie is soos daai eerste Koedoe jag trippie na die karoo. Watse geweer vat jy? die ou 303, of die 270 of moet 'n ou maar die 308 vat, of dalk daai 30-06 Dinge het bietjie verander, 'n gogga het kom kriewel hier en ek het bietjie meer gaan shop na ek so deur alles gelees het. Hier is wat ek het, My vraag nou is - Waarmee "laai" ek die geweer? Bluefish Zero 13ft (2 – 4 oz) PE Rating: PE 2-3 / 25-40LB Daiwa BG4500 gelaai met Mainline line Braid - Adranalin Titanuim 8K Nano Fibre 14.3kg/31.5lbs 0.185mm Leader line Braid - JDB Camo Green 8X 100lbs (PE8) Low Visibillity 0.43mm Hook lyn: (almal op 100m rolle) Maxima Fluorocarbon 18kg/40lb 0.60mm Double X Fluorocarbon 13.6kg/30lb 0.51mm Double X Fluorocarbon 9.1kg/20lb 0.45mm Maxima Ultagreen Mono 10kg/20lb 0.42mm (kan ook gebruik vir sinker lyn) Maxima Ultragreen Mono 12.5kg/25lb 0.50mm Vraag: 1) Hoe lank moet die "leader line" wees wat ek by die main line las? 2) Moet ek nog 'n flourocarbon ook opsit wat deur die bionic finger gaan? Wat sal julle setup wees met die gerei wat ek hier het. Ek het so bietjie ge research vir 'n fishing spot, en ek ry more oggeng vroegdag deur see toe, om so bietjie te oefen en 'n paar gooie te maak Last edited on Fri Mar 5th, 2021 09:59 am by Lion1974 |
|||||||||||||||||||||
|
Current time is 04:15 am | |
SEALINE - South African Angling and Boating Community > General Angling Topics > Fishing Tackle & Tips > Raad asb tov Tackle | Top |
![]() |