Veldrift and Bergriver

Dirkiepoes

New member
Hehehehehe

Die admin wil nie he ek moet hom verander nie. Hulle dink seker dis OK.

Dis van frustrasie om jouself op die site in te kry. Dit het 8 maande gevat om dit reg te kry. Ek weet tot nou nie hoekom nie. Toe strip ek my en sit sommer enige naam in en siedaar ek is op die site. Toevalig ne. Het hulle ge PM maar niks antwoord nie.
 

Blikkiesvis

Sealiner
@DirkieP

Daar is vis in die rivier. Gooi prawn.

Jy kan ook elwe vang met klein lepels onder die brug.

Meeste van die tyd kleiner vir, maar hul is daar.

...As jy gelukkig is hak jy 'n vet karp
;)
 

rbacht

Sealiner
Soos Blikkies reg sê - gooi prawn en jy behoort n steenie op te tel. Hulle is klein, maar hulle is daar.

Ek is self Saterdag op Dwarskersbos, so mag dalk n paar gooie maak vir n plat vis by die lapa.
 

SPARRABOS

Sealiner
Dirkie jy gee ons iets om next winter om die vuur in galjoentyd oor te lag...knap gedaan...oorspronklike naam..my dogtertjie het geskaterlag ..haar ma vra wat is daai naam.....sy haak af dirkie perske ma:cool:hoop jy kry vis by die weskus....bokkoms en witwyn troos altyd...geniet::slr::
 

duckbill

Senior Member
Die toby lepel werk goed daar. n Ouerige oom het my vertel dat "n loodkoppie met die vere stert" ook werk. Hyt seker verwys na bucktail jigs. Jy kan prawn sommer daar kry teen laagwater.
 
Top