Loskop Kurper

Shaun C

New member
Hi Guys
I recently baught a boat and we are planning to do a weekend trip to Loskop Dam. I am completely new to Kurper Fishing. Any tips or info would be much appreciated.
What setup to use?
What bait to use?
Traces?
Feed?
Spots?
ETC..

Thanks a bunch
 

buchi

New member
Gaan lees gerus op die Kurperforum "Kurper 101" daar is dit al mooi beskryf dit is alles in Afrikaans, glo jy sal verstaan.

Groete

:):):):):):):):):):):):)
 

buchi

New member
Hi Shaun C baie hengelaars probeer ook Kurpers met kunsaas te vang,so dit is maar 'n persoonlike keuse wat vir jou die beste en lekkerste gaan wees om te vang, ek persoonlik vang maar nog altyd met 'n wurm en 'n dobbertjie.

Geniet

:fswim:fswim:fswim:fswim:fswim:fswim:fswim:fswim
 

Shaun C

New member
Hi Buchi

Baie dankie. Ek is nie groot op kunsaas nie, maar ek sal 'n paar goedjies gaan kry.

Ek sal heel moontlik meestal op wurms vang. Voer jy enigsins, en as jy doen met wat en hoeveel?

Hoe ver sal 'n ou die dobber van die hoekie af sit?

Sal met die boot ry om 'n skool te soek en dan gooi?, of sal ek 'n ideale spot soek en dan voer todat daar beweging is?

Baie Dankie
Groete
 

buchi

New member
Hi Shaun C ek maak gewoonlik voerplek met maroek maar ek weet nie of jy nou al maroek by die viswinkels sal kry nie, die meeste viswinkels verskaf eers 'n bietjie later maroek aan die mense aangesien baie mense glo dat jy eers kurpers laat somer en herfs vang omdat hulle nou begin broei het,kurpers vreet nogal baie daardie tyd aangesien hulle liggaamsvet opbou vir die winter maar dit beteken nie dat jy hulle nie nou al sal of kan vang nie, ek self het al baie goeie vangste gehad in die vroeër maande en minder sukses in die "beter" maande maar dit het te doen met verskeie faktore. Dit is wel so dat kurpers in die lente begin broei en die wat besig is met nes bou gaan dalk nie so gretig wees om die aas te vat nie,maar baie mense besef nie dat kurpers deurlopend broei tot en met April nie en so elke twee tot drie weke in 'n seisoen broei hulle. Die kurpers wat nie broei nie is maar altyd opsoek na kossies om te eet. Ek het al sommer met gewone mieliebom en sorghum wat ek gemeng het voerplek gemaak  as ek nie maroek kry nie. Let wel moenie alles ingooi nie want jy lok dalk net te veel ander klein vissies gooi maar geleidelik in as jy dink jy het die regte area gekry. Ek vang met 'n glydobber en gewone boerestrop d.w.s. heel eerste aan die lyn is my "stopper" of "gummie" dan my glydobber en dan my strop. Met jou "stopper" en glydobber kan jy dan die diepte bepaal. Verskuilde baaitjies met sanderige bodems of enige struktuur in die water so 2 tot 4 meter is waar jy hulle moontlik kan kry. Dis moeilik om vir jou te sê of jy moet stil sit en wag en of jy hulle moet gaan soek. Ek is maar 'n ou wat wag aangesien ek baie geduld het en ek ook nie met kunsaas vang nie. Maar as jy dalk na so uur en half of twee ure niks kry nie sal ek 'n ander area gaan en hulle soek 'n mens kom gou agter as daar beweging is maar moenie te gou ongeduldig raak nie.

Laat weet maar wat jy vermag het en stuur foto's asb

Stywe lyne

:sha:sha:sha:sha:sha:sha:sha:sha:sha:sha:
 

Fishpaste

Sealiner
Baie maroek in die winkels wat ek gereeld frequent... Ken ontgelukkig niks val Loskop dam nie... Ek van maar sover ek kan klein plaasdamme vir hulle!
 

Shaun C

New member
Hi Buchi

Baie dankie vir al die inligting, min dat mens ouens soos jy kry wat bereid is om te deel.

_seal1_;);)
 

buchi

New member
Groot plesier meneer julle moet dit geniet. Laat weet maar hoe dit gegaan het.

Groete

::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::
 

Shaun C

New member
Hi Buchi

Sal jy voorstel dat ek met een of twee stoke vang?
Watter lengte en aksie stok?
Watter grote katrol?

Dankie Baie!
 

Shaun C

New member
Hi Buchi

Sal jy voorstel dat ek met een of twee stoke vang?
Watter lengte en aksie stok?
Watter grote katrol?

Dankie Baie!
 

buchi

New member
Hi daar ek persoonlik vang met 'n 5.6 vt of 6 vt Sensation visstok met slapperige punt en 'n 1000 Shimano koffiemeulkatrol en dit werk perfek vir my. Jy kan makliker vaskap met 'n slap stokkie. Twee stokke in die water twee keer meer kans dat jy iets sal vang, dit gaan net meer konsentrasie verg om albei nou dop te hou.

Groete

::tclaph::tclaph::tclaph::tclaph::tclaph::tclaph::tclaph::tclaph::tclaph
 
Top