Boer wil diversifiseer

Jorries

New member
'n Saaiboer het 'n klompie goeie jare beleef en het geld in bank. Hy besluit hy wil die geld gebruik om sy boerdery te diversifiseer. Hy besluit om beeste aan te skaf en koop 'n paar koeie by die boer langsaan en koop ten duurste 'n prima stoetbul op die fondusie.

Die bul word afgelewer en vir 'n paar dae in 'n kamp gehou om the "akklimatiseer".

Die dag breek aan wat die boer die bul uit die kamp laat en onmiddelik steek die bul sy neus in die lug en stoot sy voorlip uit en eien vir hom een van die koeie. Net toe die bul sy ding wil doen gooi die koei haar heupe na links en bul mis sy teiken. Hy laat hom nie afskrik nie en probeer weer. Die keer gooi die koei haar heupe na regs en weer mis die bul sy teiken. Hy probeer met 'n ander koei en dis die selfde storie.

Die boer vind die uiters vreemd en bel die veearts om te kom kyk. Die veearts hou die storie so vir 'n wyle dop en se "Hierdie koeie kom van die plaas langsaan."

"Hoe het jy geweet?" vra die boer.

"My vrou kom ook van die plaas langsaan!"
 
Top