PERSLYFMODDERVIS (Labeo Congoro)

buchi

New member
Goeiedag mense ek hoop dit gaan goed.  Ek soek groot asb fotos en meer inligting indien moontlik rakende die perslyfmoddervis.  Dit is 'n inheemse visspesie wat teenwoordig is in die laeveld se waterstelsels maar ook verder noord van S.A. voorkom.  Om die waarheid te sê het ek nog net een foto van die perslyfmoddervis in een van ons plaaslike tydskrifte gesien.  Dit is vir my 'n pragtige visspesie en ek sal net graag meer inligting en dan nou miskien fotos wil kry rakende dit.  In dieselfde asem is dit net soos baie ander inheemse visse vir my jammer dat tydskrifte nie meer artikels oor ons inheemse vis plaas nie (seker omdat uitheemse vis totaal en al in die meerderheid is en inheems heeltemal in die minderheid)  maar dit is vir my tog belangrik.  Ek is al gatvol vir bladsye en bladsye van byvoorbeeld karp in ons tydskrifte en mens sal sweer dit is ons enigste vis (weereens dalk in die meerderheid, en tog so jammer)  Ek het nog nooit eers een artikel gesien of gelees oor die perslyfmoddervis nie.  Ek het al stories gehoor dat die spesie pond vir pond amper meer baklei as 'n tiervis.  Sal enige persoon so gaaf wees om iets van die spesie te kan plaas.

Baie dankie

;);););););););););););););););););););););););););););););););););););)
 

Enigma

Moderator
Ek het al baie van hulle gevang in Glen Alpine dam, die Selati Rivier en in die Komati rivier.

Hulle is beter bekend as die Rooiskub moddervis en is een van ons grootste en beslis sterkste moddervisse.

Indien jy 'n skub uit trek is dit pers op die randte en bloed rooi in die middel

Baie dieselfde liggaamsbou as 'n Rooi Neus maar stomp neus en mens vang hulle veral baie tussen seekoei in die riviere

?There are very few people in RSA that have caught these, I actively targeted them when I was deployed in the areas in and around the Kruger park so yes, there won't be a lot of Photo's as they are few and far between and generally in waters not fished by recreational fishermen
 

buchi

New member
Baie dankie, maar indien jy 'n paar fotos het sal dit gaaf wees as jy dit kan plaas asb. 

Dit is seker maar een van daardie dinge dat nie almal in sekere areas sal kan vang nie a.g.v. verskeie redes en dit maak absoluut sin dat dit juis a.g.v. dit daar nie baie inligting is rakende die spesie nie (jy is dalk van die gelukkiges wat al daar was) 

Tog is daar mense wat dalk al mooi perslyfmoddervis gevang het en sal dit gaaf wees as plaaslike tydskrifte meer artikels oor dit kan plaas juis omdat dit inheems is. 

Ek dink die plaas van sekere artikels rakende inheemse visspesies sal nie net dalk die hengelaar prikkel om dit te gaan vang nie, maar dalk ook bydra tot die bewaring van al ons inheemse visse, daar is tog eintlik 'n groot verskeidenheid van inheemse vis maar mense besef dit nie altyd nie en is eintlik maar net ingestel op een of twee spesies. 

Ek is nie hier om vir mense te sê wat hulle moet vang nie want elkeen put genot uit dit wat hy/sy teiken maar daar is ander spesies ook wat dieselfde dekking moet kry as sê maar karp of swartbaars juis omdat dit natuurlik hier is. 

Ek bedoel ek dink dit sal 'n fees wees om so moddervis op ligtegerei te hengel in 'n rivierstelsel.

Groete

::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:
 
Top