leader line

X2B*

New member
dankie armand
sjoe gewonder of niemand gaan reply nie.
so jou leader lyn moet op die spoel pas?
 
Leader lyn is nodig as jy dun lyn op jou katrol het en n groot stok het en ver wil gooi. Dus as jy gooi en jou lyn breek, dan het jy n leader nodig.

Sy lengte, van jou katrol tot by stok se punt en weer terug tot by katrol. Jy wil hm eintlik net so lank he, dat hy so twee keer nog om die spoel gedraai is voor jy gooi, so hang maar af hoe lang drop jy het as jy gooi. Maar lengte soos ek bo verduidelik het, behoort reg te wees. Daar is nie standaard lengtes nie, want stokke is verskillende lengtes
Blou is leader lyn
attachment.php
 

Attachments

  • spykerknoop_20141027195921633 (2).jpg
    spykerknoop_20141027195921633 (2).jpg
    99.5 KB · Views: 193

X2B*

New member
Baie dankie vir advies en vir die visiele verduideliking ook.
Sal dit defintief vir my moet maak.
Gooi ni lyn af nie maar net vir in geval,mens weet nooit.
Waar vang jy vis?
 
Ek vang enige plek waar daar vis is.
Volgens jou stokke behoort jy nie n leader op enige een van hulle nodig te kry nie, behalwe jou 13vt stok. Maar slegs as jy dun lyn op die stok het en weet hoe om n stok te slinger.

As jy wil ver gooi moet jy dun lyn op he. Die manne sit 5 pond lyn op, maar vir eers los dit, sit so 7 of 8 pond lyn op met n 17pond leader lyn. As jy 14 pond lyn of meer op jou katrol het, het jy nie n leader nodig nie, maar dan gaan jy anyway nie baie ver kan gooi nie.

As jou 10 voet stok n redelike stywe stok is, kan jy dalk n leader op hom nodig kry as jy dun lyn op het.

Maar soos gese, as jy nie jou lyne afgooi nie, sal ek nie eers tyd mors met n leader nie, want dan het jy of te dik lyn op of jou gooi tegniek is nie reg om ver te gooi nie.
 

Enigma

Moderator
Leaders are not always used for casting.

If you are for example fishing in a river where there are underwater obstacles the leader, which is closer to the fish and hence closest to obstacles will take more punishement than your mainline will and hence prevent rocks and submerged tree branches from cutting your line off.
 
Top