SEALINE - South African Angling and Boating Community Home 
Home Recent Search search Menu menu Not logged in - Login | Register


 Moderated by: Emperor
New Topic Reply Printer Friendly
Is daar nog damme met kurper naby Pretoria?  Rate Topic 
 
AuthorPost
 Posted: Wed Mar 2nd, 2016 01:43 am
  PM Quote Reply
1st Post
Advocatus
Member


Joined: Sat Feb 7th, 2009
Location: South Africa
Posts: 40
Equipment: Various
Best Catch: 45kg Yellowfin
Favorite Fishing Spot: Mtentu
Boat: Sea Serpent - 2 x 55 Yamaha
Club: 
Status: 
Offline
Mana: 
Dagsê almal

Sal graag wil weet of enige van Rust de Winter, Roodeplaat, Harties en Roodekopjes nog kurpers het?

Indien wel, deel bietjie die geheime asseblief.


Back To Top PM Quote Reply  

 Posted: Wed Mar 2nd, 2016 08:08 am
  PM Quote Reply
2nd Post
HennieB
Sealiner


Joined: Thu Apr 3rd, 2008
Location: Planet Of The Apes, South Africa
Posts: 2149
Equipment: Compound bow
Best Catch: Megalodon
Favorite Fishing Spot: Droldrif
Boat: Spuitpoep 2
Club: anglershaven.co.za
Status: 
Offline
Mana: 
Hulle sal he maar Roodeplaat, Harties en Roodekopjes is erg besoedel en ek glo dit het 'n redelike invloed op die vis.

Geen geheime nie ek weet nie veel van kurper hengel nie.

Back To Top PM Quote Reply

 Posted: Wed Mar 2nd, 2016 10:19 am
  PM Quote Reply
3rd Post
Krugel
Member


Joined: Tue May 25th, 2010
Location: Pretoria, South Africa
Posts: 254
Equipment: Shimano, Penn, Gully Master
Best Catch: 12 Kg Carp, 19.86 Kg Baber, 3.9 Kg Bass, 3 ...
Favorite Fishing Spot: Loskop, Bloemhof
Boat:  Custom Catfish, Mariner Bigfoot
Club:  STROPTREKKERS!
Status: 
Offline
Mana: 
HArties het maar klein, Roodeplaat ook baie met hier en daar grotes. Vaalkop het mooies en so ook Roodekoppies, maar hulle is skaars.

Loskop bly maar koning

Back To Top PM Quote Reply  

 Posted: Wed Mar 2nd, 2016 02:45 pm
  PM Quote Reply
4th Post
HennieB
Sealiner


Joined: Thu Apr 3rd, 2008
Location: Planet Of The Apes, South Africa
Posts: 2149
Equipment: Compound bow
Best Catch: Megalodon
Favorite Fishing Spot: Droldrif
Boat: Spuitpoep 2
Club: anglershaven.co.za
Status: 
Offline
Mana: 
Op 'n tyd het Bon Accord ook mooies gehad, dink daai dae is verby. 'n Plek wat dik kurpers het is die Nyl, maar mens kan net daar hengel op uitnodiging of saam 'n klub.

Back To Top PM Quote Reply

 Posted: Thu Mar 3rd, 2016 09:12 am
  PM Quote Reply
5th Post
JUANP
Senior Member


Joined: Fri Aug 22nd, 2008
Location: Pretoria, South Africa
Posts: 545
Equipment: Purglass, Loomis, Daiwa & Shimano
Best Catch: 42kg Honeycomb; 54kg Diamond
Favorite Fishing Spot: Vidal & Kosi
Boat: n/a
Club: no more
Status: 
Offline
Mana: 
Klipvoor het ook mooies.

Back To Top PM Quote Reply  

 Posted: Fri Mar 4th, 2016 10:54 am
  PM Quote Reply
6th Post
kaptein delarey
Sealiner


Joined: Fri Apr 8th, 2011
Location: Johannesburg, South Africa
Posts: 373
Equipment: Fenwick Eagle GT Tiger + Abu Garcia Revo Inshore, Scimitar ...
Best Catch: 14.98kg Catfish & 23mm Mosquitofish ;)
Favorite Fishing Spot: KZN coast, urban ponds
Boat: No boat
Club: Ekurhuleni Artlure - Central Gauteng
Status: 
Offline
Mana: 
Roodeplaat het nog so paar bloues.

1.22 kg mannetjie ... geheim = homemade karp loodkop.

Gevang September 2014 so hy is seker nou al 'n bielie.

Attachment: 1010489_10152668308025901_3381230903401991368_n.jpg (Downloaded 415 times)

Back To Top PM Quote Reply

 Posted: Mon Mar 7th, 2016 07:18 pm
  PM Quote Reply
7th Post
buchi
Member


Joined: Tue Dec 3rd, 2013
Location: Pretoria, South Africa
Posts: 146
Equipment: Shimano, Sensation
Best Catch: Vis
Favorite Fishing Spot: Loskopdam, Arabiedam, Rust de Winter, Vaalkop, Klipvoor,Vaalrivier
Boat: n/a
Club: n/a
Status: 
Offline
Mana: 
Dankie vir die mensies wat die forum gemaak het, rakende kurpers.  Nou kan ons lekker gesels oor my gunsteling varswatervis in Suid-Afrika.  Soos alreeds genoem was, is daar baie damme wat wel voorheen mooi kurpers gehuisves het, maar weens soveel faktore is dit ongelukkig nie meer die geval nie.  Alhoewel damme soos Roodeplaat, Hartbeespoortdam, Rust de Winter en Roodekoppies in die verlede mooi kurpers gehad het, dink ek gaan 'n persoon 'n bietjie moet werk vir daardie baie mooi grotes.  Ongelukkig het besoedeling, nette, uitheemse visse soos swartbaars, karp ens, al hulle tol geëis op die kurpers.  Dit beteken nie dat hulle nie meer daar sal voorkom nie, maar dat hulle dalk net nie meer so volop is soos in die verlede nie.  Dit alles genoem, het ek tog darem nou die dag by Rust de Winter, sowel as by Klipvoordam baie skole kurpertjies in die vlakwater gesien, wat hopelik 'n aanduiding is dat die kurpers in daardie sisteme floreer.  Jy kan gerus Vaalkopdam en Klipvoor probeer.  Dit is darem nie honderde kilometers buite Pretoria nie.  Ek het aan die begin van die jaar 'n klompie kurpers gevang by Klipvoor (nie groot nie maar darem lekker pret gewees).  Ek is ook van Pretoria maar om die waarheid te sê, vermy ek dit om by damme soos Roodeplaat, Bon Accord of Hartbeespoortdam te vang a.g.v die alge in die water.  Dit maak my skoon siek as ek dit sien en ruik.  So dit is maar 'n persoonlike keuse of jy daar wil vang of nie.  Ek het al met iemand gepraat wat jare terug 'n GROOT BLOUKURPER by Hartbeespoortdam gevang het van 3.5 kg.  Ek het al 'n foto gesien van MASSIEWE KURPER van 4.5 kg gevang in Roodekoppies.  Ek het al gehoor van dieselfde grote in Klipvoordam.  Maar dit is ongelukkig baie jare terug.  So ek gaan nie sê dat hulle nie meer daar is, of kan wees nie, maar dat hulle soos alreeds genoem is, dalk nie meer so volop is nie.  Maar ongelukkig is die mens die grootste rolspeler in die vermindering van kurpers.  Besoedeling (mens), selfsugtigheid (mens) hoekom veertig kurpers huistoe vat, en nie net 'n handjie vol nie kan ek mos nie verstaan nie. Hengelaars wat swartbaars teiken en dit dan weer teruggooi, en nie uithaal nie (weereens selfsugtigheid van die mens se kant af)  Soveel swartbaarshengelaars wat nie die omvang van die skade besef wat hulle  gunsteling teikenspesie aanrig nie.  Hoekom sal hulle daaroor dink, want hulle wil mos volgende keer weer 'n groot swartbaars vang.  En ja dit is selfsugtigheid om dit weer terug te gooi, want daardie swartbaars wat al die klein kurpertjies opvreet, ontneem my die hengelgenot om daardie groot Rubberlip te vang wat ek so graag wil hê, en dit is weereens die swartbaarshengelaar se selfsugtigheid wat daartoe lei.  Ek wil nie veralgemeen nie want ek glo daar is hengelaars wat die swartbaars uithaal. Onwettige nette (mens) en so kan ons aangaan.  Op die oueinde van die dag dink ek damme soos Arabie, Loskop en dit wat ek alreeds genoem het hierbo plus sekere damme in Limpopo, Mpumalanga, Natal ens sal nog kurpers huisves, maar die voortbestaan daarvan hang weereens slegs van die mens af.  Probeer gerus die damme wat ek genoem het en geniet dit.

Geheg is foto waar ek tot my verbasing so paar jaar terug by Roodeplaatdam 'n paar kurpers gevang het en toe die dag voltooi met die mooie.  Ek en my vriend het die heeldag niks gevang nie maar om en by drieuur se kant die middag toe vang ons 'n hele paar kurpers.  Stywe lyne

Attachment: ROODEPLAAT BLOUKURPER.jpg (Downloaded 390 times)

Back To Top PM Quote Reply  

 Posted: Mon Mar 7th, 2016 08:55 pm
  PM Quote Reply
8th Post
HennieB
Sealiner


Joined: Thu Apr 3rd, 2008
Location: Planet Of The Apes, South Africa
Posts: 2149
Equipment: Compound bow
Best Catch: Megalodon
Favorite Fishing Spot: Droldrif
Boat: Spuitpoep 2
Club: anglershaven.co.za
Status: 
Offline
Mana: 
((goodp_

Back To Top PM Quote Reply

 Posted: Fri Apr 1st, 2016 02:47 am
  PM Quote Reply
9th Post
Advocatus
Member


Joined: Sat Feb 7th, 2009
Location: South Africa
Posts: 40
Equipment: Various
Best Catch: 45kg Yellowfin
Favorite Fishing Spot: Mtentu
Boat: Sea Serpent - 2 x 55 Yamaha
Club: 
Status: 
Offline
Mana: 
Bly om te sien dat Roodeplaat se kurpers nog aanteel.  Ons het verskeie van hierdie groote kurpertjies gekry en verskeie skole klein kurpertjies opgemerk.  Hoop net dat hulle gaan oorleef en groot word.

Attachment: Kurper RP 28-3-16_small.jpg (Downloaded 334 times)

Back To Top PM Quote Reply  

 Posted: Sat Apr 2nd, 2016 02:37 pm
  PM Quote Reply
10th Post
AYOBA!
Sealiner


Joined: Fri Sep 17th, 2010
Location: Pretoria, South Africa
Posts: 3291
Equipment: N/A
Best Catch: N/A
Favorite Fishing Spot: Anywhere
Boat: N/A
Club: No
Status: 
Offline
Mana: 
Wonderland45

Back To Top PM Quote Reply

 Posted: Sun Apr 3rd, 2016 07:47 pm
  PM Quote Reply
11th Post
Enigma
Moderator


Joined: Mon Apr 27th, 2009
Location: Eldoraigne , South Africa
Posts: 12823
Equipment: Fishing Tackle and Lot's of IT
Best Catch: Anything with fins - from a 15gr 3 spot Barb ...
Favorite Fishing Spot: RSA
Boat: Na
Club: Northern Swerwers
Status: 
Offline
Mana: 
My Gallery: 
Die grootste bedreiging vir die Bloues is die Nyl Kurper wat met hulle uit baster en die Nyl Kurper se gene is altyd dominant en binne 'n paar jaar word die hele bevolking deur die grooter Nyl kurpers vervang.

Arabie en Loskop lewer nog steeds mooi bloues ek dink hoofsaaklik omdat Loskop binne 'n beheerde reservaat (Klipvoor ook)is waar Kiefnette nie so maklik gespan en uitgehaal kan word en Arabie se Krokodille asook die baie boome in die water belemer die span van kiefnette.

Bon Accord se kurpers (en karp) word vernietig deur die kiefnette wat in die inloop onverhindered gespan word en anders as Renosterkop waar die bass manne die nette uithaal is daar geen bote bo in Bon Accord om die nette te verwyder.

Kurper hengel bly maar beter met 'n boot omrede hulle lief is om in struktuur te hou asook in struktuur soo bome in 2-4m diep water wat natuurlik bykans onhengelbaar is van die kant af.

Back To Top PM Quote Reply  

 Posted: Mon Aug 29th, 2016 05:41 pm
  PM Quote Reply
12th Post
prejedoos
Member


Joined: Wed Oct 21st, 2015
Location: Pretoria, South Africa
Posts: 10
Equipment: Mitchell
Best Catch: 10KG Kabeljou
Favorite Fishing Spot: Roodeplaat, Jeffreys Bay
Boat: Small inflatable dingy
Club: 
Status: 
Offline
Mana: 
Hi, Daar definitief nog n hele paar by Roodeplaat, ons aan die begin van Junie maklik oor n honderd gevang oor so 2 dae. Hul was maar kleines maar het ons omtrent besig gehou. Ons was so 2 Sondae terug by dieselfde plek maar net 1 gevang, al het die reier wat voor ons geswem het heeldag kurpers uit gehaal, hul wou net nie eet nie, dit was alhoewel net na n front oor gekom het.

Ons vang maar met erdwurms maar al n paar keer die laaste jaar by Roodeplaat sommer n paar kurpers uit gehaal met floaties bedoel vir karpe.

Back To Top PM Quote Reply


Current time is 02:25 am  
SEALINE - South African Angling and Boating Community > Freshwater Angling > Kurper Forum > Is daar nog damme met kurper naby Pretoria? Top