Is daar nog damme met kurper naby Pretoria?

Advocatus

New member
Dagsê almal

Sal graag wil weet of enige van Rust de Winter, Roodeplaat, Harties en Roodekopjes nog kurpers het?

Indien wel, deel bietjie die geheime asseblief.
 

HennieB

Sealiner
Hulle sal he maar Roodeplaat, Harties en Roodekopjes is erg besoedel en ek glo dit het 'n redelike invloed op die vis.

Geen geheime nie ek weet nie veel van kurper hengel nie.
 

Krugel

New member
HArties het maar klein, Roodeplaat ook baie met hier en daar grotes. Vaalkop het mooies en so ook Roodekoppies, maar hulle is skaars.

Loskop bly maar koning
 

HennieB

Sealiner
Op 'n tyd het Bon Accord ook mooies gehad, dink daai dae is verby. 'n Plek wat dik kurpers het is die Nyl, maar mens kan net daar hengel op uitnodiging of saam 'n klub.
 
Roodeplaat het nog so paar bloues.

1.22 kg mannetjie ... geheim = homemade karp loodkop.

Gevang September 2014 so hy is seker nou al 'n bielie.
 

Attachments

  • 1010489_10152668308025901_3381230903401991368_n.jpg
    1010489_10152668308025901_3381230903401991368_n.jpg
    48.8 KB · Views: 453

buchi

New member
Dankie vir die mensies wat die forum gemaak het, rakende kurpers,nou kan ons lekker gesels oor my gunsteling varswatervis in Suid-Afrika. Soos alreeds genoem was,is daar baie damme wat wel voorheen mooi kurpers gehuisves het, maar weens soveel faktore is dit ongelukkig nie meer die geval nie. Alhoewel damme soos Roodeplaat,Hartbeespoortdam,Rust de Winter en Roodekoppies in die verlede mooi kurpers gehad het,dink ek gaan 'n persoon 'n bietjie moet werk vir daardie baie mooi grotes. Ongelukkig het besoedeling,nette,uitheemse visse soos Swartbaars ens,al hulle tol geëis op die kurpers. Dit beteken nie dat hulle nie meer daar sal voorkom nie,maar dalk dat hulle net nie meer so volop is soos in die verlede nie. Dit alles genoem,het ek tog darem nou die dag by Rust de Winter, sowel as by Klipvoordam skole kurpertjies in die vlakwater gesien,wat hopelik 'n aanduiding is dat die kurpers in daardie sisteme is. Jy kan gerus Vaalkopdam en Klipvoor probeer dit is darem nie honderde kilometers buite Pretoria nie. Ek het aan die begin van die jaar 'n klompie kurpers gevang by Klipvoor (nie groot nie maar darem lekker pret gewees). Ek is ook van Pretoria maar om die waarheid te sê vermy ek dit om by damme soos Roodeplaat,Bon Accord of Hartbeespoortdam te vang a.g.v die besoedeling, dit maak my skoon siek as ek dit sien en ruik, so dit is maar 'n persoonlike keuse of jy daar wil vang of nie. Ek het al met iemand gepraat wat jare terug 'n GROOT BLOUKURPER by Hartbeespoortdam gevang het van 3.5 kg. Ek het al 'n foto gesien van MASSIEWE KURPER van 4.5 kg gevang in Roodekoppies jare terug, en ek het al gehoor van dieselfde grote vis in Klipvoordam jare terug. Maar dit is ongelukkig baie jare terug, so ek gaan nie sê dat hulle nie meer daar is of kan wees nie maar dat hulle soos alreeds genoem is dalk nie meer so volop is soos voorheen nie. Maar ongelukkig is die mens die grootste rolspeler in die vermindering van kurpers. Besoedeling (mens), selfsugtigheid (mens) hoekom veertig kurpers huistoe vat en nie net 'n handjie vol nie kan ek mos nie verstaan nie. Hengelaars wat Swartbaars teiken en dit dan weer teruggooi en nie uithaal nie (weereens selfsugtigheid van die mens se kant af dit is 'n geklassifiseerde indringer roofvis) Soveel Swartbaarshengelaars wat nie die omvang van die skade wil besef wat hulle gunsteling teikenspesie aanrig nie. Hoekom sal hulle daaroor dink want hulle wil mos volgende keer weer 'n groot swartbaars vang. En ja dit is selfsugtigheid om dit weer terug te gooi, want daardie Swartbaars wat al die klein kurpertjies en ander vissies opvreet rig skade aan. Ek wil nie veralgemeen nie want ek glo daar is hengelaars wat die Swartbaars uithaal. Onwettige nette (mens) en so kan ons aangaan. Op die oueinde van die dag dink ek damme soos Arabie,Loskop en dit wat ek alreeds genoem het hierbo plus sekere damme in Limpopo,Mpumalanga,Natal ens sal nog kurpers he,maar die voortbestaan daarvan hang weereens slegs van die mens af. Probeer gerus die damme wat ek genoem het en geniet dit.

Geheg is foto waar ek tot my verbasing so paar jaar terug by Roodeplaatdam 'n paar kurpers gevang het en toe die dag voltooi met die mooie. Ek en my vriend het die heeldag niks gevang nie maar om en by drieuur se kant die middag toe vang ons 'n hele paar kurpers. Stywe lyne
 

Attachments

  • ROODEPLAAT BLOUKURPER.jpg
    ROODEPLAAT BLOUKURPER.jpg
    41.2 KB · Views: 429

Advocatus

New member
Bly om te sien dat Roodeplaat se kurpers nog aanteel.  Ons het verskeie van hierdie groote kurpertjies gekry en verskeie skole klein kurpertjies opgemerk.  Hoop net dat hulle gaan oorleef en groot word.
 

Attachments

  • Kurper RP 28-3-16_small.jpg
    Kurper RP 28-3-16_small.jpg
    41.9 KB · Views: 372

Enigma

Moderator
Die grootste bedreiging vir die Bloues is die Nyl Kurper wat met hulle uit baster en die Nyl Kurper se gene is altyd dominant en binne 'n paar jaar word die hele bevolking deur die grooter Nyl kurpers vervang.

Arabie en Loskop lewer nog steeds mooi bloues ek dink hoofsaaklik omdat Loskop binne 'n beheerde reservaat (Klipvoor ook)is waar Kiefnette nie so maklik gespan en uitgehaal kan word en Arabie se Krokodille asook die baie boome in die water belemer die span van kiefnette.

Bon Accord se kurpers (en karp) word vernietig deur die kiefnette wat in die inloop onverhindered gespan word en anders as Renosterkop waar die bass manne die nette uithaal is daar geen bote bo in Bon Accord om die nette te verwyder.

Kurper hengel bly maar beter met 'n boot omrede hulle lief is om in struktuur te hou asook in struktuur soo bome in 2-4m diep water wat natuurlik bykans onhengelbaar is van die kant af.
 

prejedoos

New member
Hi, Daar definitief nog n hele paar by Roodeplaat, ons aan die begin van Junie maklik oor n honderd gevang oor so 2 dae. Hul was maar kleines maar het ons omtrent besig gehou. Ons was so 2 Sondae terug by dieselfde plek maar net 1 gevang, al het die reier wat voor ons geswem het heeldag kurpers uit gehaal, hul wou net nie eet nie, dit was alhoewel net na n front oor gekom het.

Ons vang maar met erdwurms maar al n paar keer die laaste jaar by Roodeplaat sommer n paar kurpers uit gehaal met floaties bedoel vir karpe.
 
Top